Kinders speel met springstof.

Ek staan met my rug na die mentor (die persoon wie ons moet op pas en die Afghanie Polisie oplei) en ek sien een van hulle groen Polisie bakkies inkom. Met sy waperende vlag, groen en rooi nagemaakte rose in die voorste venster kom stop dit so twintig meter van ons groep af. After op die bakkie sien ek ongeveer vyf of ses RPG missiele wat regop in ‘n boks staan. Ja, dit is nie bedek of in ‘n toe houer nie, dis oop.

Die plek waar ons elke dag heen gaan, is ‘n Polisiestasie. Daar is altyd drie of vier kinders wat daar rond hol en met die mense meng. Ek skat hulle so tussen 6 en 10 jaar oud, ‘n klomp vuil gesiggies. Een besluit om te kyk wat agter op die bakkie is. Hy trap op die agter wiel, lig hom op en kyk rond. Hy steek sy hand uit en begin te pluk aan die stertvin van een. Nou ek is nie ‘n kenner op springstof nie behalwe dat ek weet dat een van daai rondtes kan ‘n tenk uithaal en ‘n klomp saam kan seer maak. “Hey!” skree ek op hom, sy kop pluk in my rigting en ek wys dat hy moet padgee daar. Hy maak so.

Laat die middag hoor ek by die mentor dat sulke bakkies kom gereeld in van optredes af en dat hulle altyd so gewapen is. Ek kan myself nie help om maar altyd in daai rigting te kyk as ek gaan eet of iets hoor afgaan nie.

Published in: on December 30, 2007 at 11:52 vm  Lewer Kommentaar  
Tags: , , , , , ,

Hello world!

Ek groet julle hier uit Afghanistan en ja, dis koud hier. Het drie keer sneeu gehad maar volgens die ou manne, is dit nog niks in vergeleiking wat nog moet kom nie. Ek is amper drie maande hier hier en dit is rustig. Ons werk drie tot vier ure ‘n dag en loop saam met die mentors oor om Polisiemanne op te lei.

Voorspoedige nuwe jaar dan vir almal.

Published in: on December 28, 2007 at 7:55 nm  Lewer Kommentaar  
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.